Return to BahaiPrayers.net   Facebook

O my God en my Meester! Ek is U dienaar en die seun van U dienaar. Ek het met hierdie dagbreek van my kooi af opgestaan toe die Môrester van U eenheid uit die Daeraad van U wil voortgeskyn het, en sy glans oor die hele wêreld gegooi het, ooreenkomstig wat in die Boeke van U Verordening bepaal is.

Lof sy aan U, o my God, dat ons vir die luister van die lig van U kennis waker geword het. Laat daal dan op ons, o my Here, wat dit vir ons moontlik sal maak om klaar te kom sonder enigeen behalwe U, en laat ons ontslae wees van enige gehegtigheid behalwe aan U. Skryf neer, origens, vir my, en vir dié wat vir my dierbaar is, en vir my verwantes, man en vrou gelyk, die goeie van hierdie wêreld en van die wêreld wat kom. Behou ons dan veilig deur U onfeilbare beskerming, o U die Geliefde van die hele skepping en die Begeerte van die ganse heelal, vir diegene wat U die openbarings van die Bose Fluisteraar gemaak het, wat in die borste van mense fluister. Kragtig is U om U behae te doen. U is, voorwaar, die Almagtige, die Hulp in Gevaar, die Selfbestaande.

Seën U, o Here my God, Hom Wat U oor U mees voortreflike Titels geplaas het, en deur Wie U tussen die vrome en goddelose geskei het, en help ons genadiglik om te doen wat U liefhet en begeer. Seën U, bowendien, o my God, hulle Wat U Woorde en U Letters is, en hulle wat hulle aangesigte na U ingestel het, er na U gesig gedraai het, en U geroep gehoor het.

U is, waarlik, die Here en Koning van alle mense, en is magtig oor alle dinge.

 


English  
ភាសាខ្មែរ  
አማርኛ.  
Afrikaans  
Alaska Native  
American Indian  
Azərbaycan  
Bahasa Indonesia  
Bahasa Malaysia  
Bidayuh  
Bosanski  
Canadian Indigenous  
Català  
Cebuano  
Česky  
Chamorro  
Chichewa  
Corsica  
Cymraeg  
Daga  
Dansk  
Deutsch  
Dzongkha  
Eesti  
Español  
Esperanto  
Euskara  
Fiji  
Filipino  
Føroyar  
Français  
Frysk  
Hausa  
Hawaiian  
Hiri Motu  
Hrvatski  
Irish  
Íslenska  
Italiano  
Kabyle  
Kalaallisut  
Kiribati  
Kiswahili  
Kreyol Ayisyen  
Kuanua  
Kube  
Latviešu  
Lëtzebuergesch  
Lietuvių  
Luganda  
Magyar  
Malagasy  
Malti  
Māori  
Marshallese  
Melpa  
Montenegrin  
Nalik  
Namibia  
Nederlands  
Norsk  
Papiamentu  
Polski  
Português (BR)  
România  
Sámi  
Samoan  
Sarawak  
Sesotho  
Shqip  
Slovenščina  
Slovensky  
Sranan Tongo  
Srpski српски  
Suomi  
Svenska  
Tetum  
Tiếng Việt  
Tok Pisin  
Tongan  
Türkçe  
Türkmençe  
Tuvalu  
Vanuatu  
ελληνικά  
Беларускі  
български  
Кыргыз  
Монгол хэл  
Русский  
Тоҷикӣ  
Україна  
հայերեն  
اُردُو  
العربية  
فارسی  
नेपाली  
मराठी  
हिंदी  
বাংলা  
ગુજરાતી  
ଓଡ଼ିଆ  
தமிழ்  
తెలుగు  
ಕನ್ನಡ  
മലയാളം  
ภาษาไทย  
ພາສາລາວ  
한국어  
日本語  
简体中文  
繁體中文  
Windows / Mac