Return to BahaiPrayers.net
Facebook
Laat my, o my God, nader na U trek, en binne die grense van U hof vertoef, want verheid van U het my byna verteer. Laat my in die skaduwee van die vlerke van U welwillendheid rus, want die vlam van my afsondering van U het my hart binne my gesmelt. Trek my nader na die rivier wat werklik die lewe is, want my siel brand van dors in sy onophoudende soektog na U. My sugte, o my God, verkondig die bitterheid van my smart, en die trane wat ek stort verklaar my liefde vir U.
Ek smeek U, by die lof waarmee U Uself lowe en die heerlikheid waarmee U U eie Wese verheerlik, om te vergun dat ons onder diegene mag getel word wat U herken het en U heerskappy in U dae erken het. Help ons dan om te drink, o my God, van die vingers van genade, die lewende waters van U vriendelike goedheid, sodat ons alles behalwe U volkome mag vergeet, en net met Uself besig sal wees. Kragtig is U om te doen wat U wil. Daar is geen God behalwe U nie, die Magtige, die Hulp in Gevaar, die Selfbestaande.
- Bahá'u'lláh