Return to BahaiPrayers.net
Facebook
Lof sy aan U, o my God! Ek is een van U dienaars wat aan U en U tekens geglo het. U sien hoe ek my na die deur van U genade ingestel het, en my gesig in die rigting van U vriendelike goedheid gedraai het. Ek smeek U, by U mees voorteflike titels en by U mees verhewe eienskappe, om my gesig vir die poorte van U skenkings oop te maak. Help my dan, om dit te doen wat goed is, o U Wat die Besitter van alle name en eienskappe is!
Ek is arm, o my Here, en U is die Ryke. Ek het my gesig na U gerig, en myself van alles behalwe U losgemaak. Ek smeek U, neem nie die luggies van U tere genade weg van my nie, en weerhou nie van my wat U vir die gekoses onder U dienaars beskik het nie.
Verwyder die sluier van my oë, o my Here, dat ek mag herken wat U vir U skepsels gewens het, en, in al die openbarings van U handewerk die openbaringe van U almagtige krag mag ontdek. Verruk my siel, o my Here, met U magtigste tekens, en hef my op ujit die dieptes van my verdorwe en bose begeertes. Skryf dan neer vir my die goeie van hierdie wêreld en van dié wat kom. Sterk is U om te doen wat U behaag. Geen God is daar behalwe U nie, die Alglorieryke, Wie se hulp deur alle mense gesoek word.
Ek betuig dank aan U, o my Here, dat U my uit my slaap wakker gemaak het, en my aangepor het, en in my die wens geskep het om te begryp wat die meeste van U dienaars versuim het om te verstaan. Bekwaam my dan, o my Here, om, vir liefde van U ter wille van U behae, te gewaar wat U ook al verlang het. U is Hy van Wie se mag en soewereiniteit alle dinge getuig.
Daar is geen God behalwe U nie, die Almagtige, die Heilsame.
- Bahá'u'lláh