Return to BahaiPrayers.net
Facebook
O God, my God! U is my Hoop en my Beminde, my hoogste Oogmerk en Begeerte! Met groot ootmoed en algehele toewyding bid ek U om my 'n toring van U liefde in U land, 'n lamp van U kennis onder U skepsels, en 'n vaandel van goddelike mildheid in U gebied te maak.
Tel my saam met diegene van U dienaars wat hulleself van alles behalwe U afgesonder het, hulleself geheilig het van die vergangklike dinge van hierdie wêreld, en hulleself bevry het van die ingewings van die stemme van nuttelose inbeeldings.
Laat my hart deur die gees van bevestiging van U koninkryk met vreugde uitswel en verhelder my oë deur die skares van goddelike hulp te sien wat ná mekaar uit die koninkryk van U alvermoënde heerlikheid op my neerdaal.
U is, in der waarheid, die Almagtige, die Alglorieryke, die Alkragtige.
- `Abdu'l-Bahá