Return to BahaiPrayers.net   Facebook

"Hierdie daaglikse verpligte gebede, saam met nog 'n paar spesifiekes, soos die Genesingsgebed, die Tafel van Ahmad, is deur Bahá'u'lláh beklee met 'n besondere krag en betekenis, en daarom behoort as sodanig aanvaar te word, en deur die gelowiges met geloof en vertroue en sonder twyfel gesê te word, sodat hulle deur middel daarvan 'n veel nouer verbinding met God kan aanknoop, en hulle vollediger met Sy wette en insettinge kan vereenselwig." - Uit 'n brief geskryf namens Shoghi Effendi

Hy is die Koning, die Alwetende, die Wyse!

Kyk, die Nagtegaal van die Paradys sing op die takkies van die Boom van die Ewigheid, met heilige en soet melodieë, verkondig aan die opregtes die blye tyding van die nabyheid van God, roep die gelowiges in die Goddelike Eenheid na die hof van die Aanwesigheid van die Vrygewige, deel aan die afgeskeidenes mee die boodskap wat deur God, die Koning, die Glorieryke, die Ongeëwenaarde geopenbaar is, lei die liefhebbers na die setel van heiligheid en na hierdie luisterryke Skoonheid.

Waarlik dit is daardie Allergrootste Skoonheid wat voorspel is in die Boeke van die Boodskappers, deur Wie die waarheid van afwyking onderskei sal word en die wysheid van elke gebod op die proef gestel sal word. Waarlik Hy is die Boom van die Lewe wat die vrugte van God, die Verhewe, die Kragtige, die Grote voortbring.

O Ahmad! Getuig dat Hy waarlik God is en dat daar geen God buiten Hom is nie, die Koning, die Beskermer, die Onvergelyklike, die Alvermoënde. En dat die Een Wat Hy uitgestuur het met die naam 'Alí1 die ware Een van God was, na Wie se gebooie ons ons almal skik.

Sê: o mense gehoorsaam die insettinge van God wat voorgeskryf is in die Bayán deur die Glorieryke, die Wyse. Waarlik Hy is die Koning van die Boodskappers en Sy Boek is die Moederboek, het julle maar geweet.

Aldus uiter die Nagtegaal Sy gefluit aan julle van hierdie gevangenis. Hy moet net hierdie duidelike boodskap aflewer. Wie ook al dit verlang, laat hy hom van hierdie raad afwend en wie ook al so verlang laat hy die weg na sy Here kies.

O mense, as julle hierdie verse ontken, deur watter bewys het julle God geglo? Lewer dit, o menigte van valses.

Nee, by die Een in Wie se hand my siel is, hulle is nie, en sal nooit in staat wees om dit te doen nie, al verenig hulle om mekaar te steun.

O Ahmad! Vergeet nie My goedertierenheid terwyl Ek afwesig is nie. Onthou My dae gedurende jou dae en My ellende en ballingskap in hierdie afgeleë gevangenis. En wees jy so standvastig in My liefde dat jou hart nie sal weifel nie, al reën die swaarde van die vyande houe op joui en staan al die hemele en die aarde teen jou op.

Wees soos 'n vlam van vuur vir My vyande en 'n rivier van ewigdurende lewe vir My geliefdes en wees nie van hulle wat twyfel nie.

En as jy oorval word deur beproewing in My weg, of vernedering om My onthalwe, wees nie daaroor gekwel nie.

Vertrou op God, jou God en die Here van jou vaders. Want die mense dwaal n die weë van misleiding, beroof van onderskeidingsvermoë om God met hulle eie oë te sien of Sy Melodie met hulle eie ore te hoor. Só het Ons hulle gevind, soos jy ook getuig.

Só het hulle bygelowe sluiers tussen hulle en hulle eie harte geword en hulle weggehou van die pad van God, die Verhewe, die Grote.

Wees in jouself versekerd dat waarlik, hy wat hom van hierdie Skoonheid afwend, hom ook van die Boodskappers van die verlede afgewend het en hoogmoed voor God toon van ewigheid tot ewigheid.

Leer hierdie Tafel goed, o Ahmad. Sing dit gedurende jou dae en weerhou jouself nie daarvan nie. Want waarlik, God het vir dié wat dit sing, die beloning van 'n honderd martelare en 'n diens in albei wêrelde beskik. Hierdie gunste het Ons aan jou geskenk as 'n gawe aan Ons kant en 'n barmhartigheid van Ons teenwoordigheid dat jy van dié wat dankbaar is mag wees.

Voor God! Sou iemand wat in beproewing of verdriet hierdie Tafel met volkome opregtheid lees, sou God sy droefheid verdryf, sy moeilikhede oplos en sy beproewings verwyder.

Waarlik, Hy is die Genadige, die Medelydende. Geloof sy God, die Heer van al die wêrelde.

 


English  
ភាសាខ្មែរ  
አማርኛ.  
Afrikaans  
Alaska Native  
American Indian  
Azərbaycan  
Bahasa Indonesia  
Bahasa Malaysia  
Bidayuh  
Bosanski  
Canadian Indigenous  
Català  
Cebuano  
Česky  
Chamorro  
Chichewa  
Corsica  
Cymraeg  
Daga  
Dansk  
Deutsch  
Dzongkha  
Eesti  
Español  
Esperanto  
Euskara  
Fiji  
Filipino  
Føroyar  
Français  
Frysk  
Hausa  
Hawaiian  
Hiri Motu  
Hrvatski  
Irish  
Íslenska  
Italiano  
Kabyle  
Kalaallisut  
Kiribati  
Kiswahili  
Kreyol Ayisyen  
Kuanua  
Kube  
Latviešu  
Lëtzebuergesch  
Lietuvių  
Luganda  
Magyar  
Malagasy  
Malti  
Māori  
Marshallese  
Melpa  
Montenegrin  
Nalik  
Namibia  
Nederlands  
Norsk  
Papiamentu  
Polski  
Português (BR)  
România  
Sámi  
Samoan  
Sarawak  
Sesotho  
Shqip  
Slovenščina  
Slovensky  
Sranan Tongo  
Srpski српски  
Suomi  
Svenska  
Tetum  
Tiếng Việt  
Tok Pisin  
Tongan  
Türkçe  
Türkmençe  
Tuvalu  
Vanuatu  
ελληνικά  
Беларускі  
български  
Кыргыз  
Монгол хэл  
Русский  
Тоҷикӣ  
Україна  
հայերեն  
اُردُو  
العربية  
فارسی  
नेपाली  
मराठी  
हिंदी  
বাংলা  
ગુજરાતી  
ଓଡ଼ିଆ  
தமிழ்  
తెలుగు  
ಕನ್ನಡ  
മലയാളം  
ภาษาไทย  
ພາສາລາວ  
한국어  
日本語  
简体中文  
繁體中文  
Windows / Mac