Return to BahaiPrayers.net   Facebook

Hierdie gebed, deur 'Abdu'l-Bahá geopenbaar, word by Sy Heiligdom gelees. Dit word ook by private gebed gebruik.

Wie ook al hierdie gebed met nederigheid en geesdrif sê, sal blydskap en vreugde aan die hart van hierdie Dienaar bring; dit sal selfs wees soos om Hom van aangesig tot aangesig te ontmoet.

Hy is die Alglorieryke!

O God, my God! Verootmoedig en betraand, hef ek my smekende hande op na U en bedek ek my gesig met die stof van daardie Drumpel van U, verhewe bo die kennis van die geleerdes, en die lof van almal wat U verheerlik. Kyk genadiglik op U dienaar, nederig en verootmoedig voor U deur, met die blikke van die oog van U genade, en dompel hom in die Oseaan van U ewige guns.

Here! Hy is 'n arm en nederige dienaar van U, gekluister en smeek U, 'n gevangene in U hand, bid U inniglik, vertrou in U, in trane voor U aangesig, roep na U en smeek U, en sê:

O Here my God! Gee my U genade om U bemindes te dien, versterk my in my diensbaarheid aan U, verlig my voorhoof met die lig van verering in U hof van heiligheid, en van gebed aan U Koninkryk van grootheid. Help my om selfopofferend by die hemelse ingang van U poort te wees, en staan my by om van alle dinge binne U heilige voorhowe afgesonder te wees. Here! Gee my te drink van die beker van onselfsugtigheid; kleed my met sy gewaad, en dompel my in sy oseaan. Maak my soos stof in die weg van U geliefdes, en gee dat ek my siel mag opoffer vir die aarde veredel deur die voetstappe van U uitverkorenes in U weg, o Here van Heerlikheid in die Hoogste.

Met hierdie gebed roep U dienaar U by die aanbreek van die dag en in die nagtyd. Vervul die verlange van sy hart, o Here! Verlig sy hart, verbly sy boesem, steek sy lig aan, sodat hy U Saak en U dienaars mag dien.

U is die Skenker, die Jammerhartige, die Mees Milddadige, die Liefderyke, die Genadige, die Medelydende.

 


English  
ភាសាខ្មែរ  
አማርኛ.  
Afrikaans  
Alaska Native  
American Indian  
Azərbaycan  
Bahasa Indonesia  
Bahasa Malaysia  
Bidayuh  
Bosanski  
Canadian Indigenous  
Català  
Cebuano  
Česky  
Chamorro  
Chichewa  
Corsica  
Cymraeg  
Daga  
Dansk  
Deutsch  
Dzongkha  
Eesti  
Español  
Esperanto  
Euskara  
Fiji  
Filipino  
Føroyar  
Français  
Frysk  
Hausa  
Hawaiian  
Hiri Motu  
Hrvatski  
Irish  
Íslenska  
Italiano  
Kabyle  
Kalaallisut  
Kiribati  
Kiswahili  
Kreyol Ayisyen  
Kuanua  
Kube  
Latviešu  
Lëtzebuergesch  
Lietuvių  
Luganda  
Magyar  
Malagasy  
Malti  
Māori  
Marshallese  
Melpa  
Montenegrin  
Nalik  
Namibia  
Nederlands  
Norsk  
Papiamentu  
Polski  
Português (BR)  
România  
Sámi  
Samoan  
Sarawak  
Sesotho  
Shqip  
Slovenščina  
Slovensky  
Sranan Tongo  
Srpski српски  
Suomi  
Svenska  
Tetum  
Tiếng Việt  
Tok Pisin  
Tongan  
Türkçe  
Türkmençe  
Tuvalu  
Vanuatu  
ελληνικά  
Беларускі  
български  
Кыргыз  
Монгол хэл  
Русский  
Тоҷикӣ  
Україна  
հայերեն  
اُردُو  
العربية  
فارسی  
नेपाली  
मराठी  
हिंदी  
বাংলা  
ગુજરાતી  
ଓଡ଼ିଆ  
தமிழ்  
తెలుగు  
ಕನ್ನಡ  
മലയാളം  
ภาษาไทย  
ພາສາລາວ  
한국어  
日本語  
简体中文  
繁體中文  
Windows / Mac