Return to BahaiPrayers.net   Facebook

Naw-Rúz, 21 Maart, is die eerste dag van die Bahá'í jaar.

Gelof sy U, o my God, dat U Naw-Rúz as 'n feesdag ingestel het vir diegene wat uit liefde vir U die vas onderhou het en van alles wat vir U verafskuwend is weggebly het. Gee, o my Here, dat die vuur van U liefde en die hitte voortgebring deur die vas wat deur U gelas is, hulle in U Saak mag laat ontbrand, en maak dat hulle met U lof en met aandenking aan U besig mag wees.

Aangesien U hulle versier het, o my Here, met die sieraad van die vas deur U voorgeskrywe, versier U hulle ook met die sieraad vaan U aanvaarding, deur U genade en milddadige guns. Want die dade van mense is alles afhanklik van U welbehae, en is deur U opdrag bepaal. Sou U hom wat die vas gebreek het beskou as een wat dit onderhou het, sou so iemand onder hulle gereken word wat die vas aan ewigheid gehou het. En sou U bepaal dat hy wat die vas onderhou het dit gebreek het, sou daardie persoon onder diegene getel word wat die Gewaad van U Openbaring met stof laat bevlek het, en ver verwyder was van die kristalwaters van hierdie lewende Fontein.

U is Hy deur Wie die vaandel ,Prysenswaardig is U in U werke' opgehys is, em die standaard ,Gehoorsaam word U in U opdrag' ontplooi is. Maak hierdie U stand bekend aan U dienaars, o my God, sodat hulle bewus gemaak mag word dat die voortreflikheid van alle dinge afhanklik van U bevel en U woord is, en die deug van elke daad bepaal word deur U verlof en die welbehae van U wil, en mag herken dat die teuels van mense se werke binne die greep van U aanvaarding en U gebod is. Maak dit aan hulle bekend, sodat hoegenaamd niks hulle van U Prag kan uitsluit nie, in hierdie dae waarop die Christus uitroep: ,Alle heerskappy sy aan U, o U die Bes-Beminde, omdat U U Prag blootgestel het, en vir U uitverkorenes neergeskryf het wat sal maak dat hulle die setel van die openbaring van U Allergrootste Naam sal behaal, waardeur al die volke gekla het behalwe diegene wat hulle van alles behalwe U losgemaak het, en hulself gerig het na Hom Wat die Onthuller van Uself is en die Openbaarwording van U eienskappe.'

Hy Wat U Tak is en al U deelgenootskap, o my Here, het hierdie dag hulle vas gebreek, nadat hulle dit binne die omgewing van U hof onderhou het, en in hulle ywer om U te behaag. Beskik U vir Hom, en vir hulle, en vir diegene wat U teenwoordigheid in daardie dae binnegegaan het, al die goeie wat U in U Boek bestem het. Voorsien hulle dan van dit wat hulle sal bevoordeel beide in hierdie lewe en in die lewe hiernamaals.

U is in der waarheid die Alwetende, die Alwyse.

 


English  
ភាសាខ្មែរ  
አማርኛ.  
Afrikaans  
Alaska Native  
American Indian  
Azərbaycan  
Bahasa Indonesia  
Bahasa Malaysia  
Bidayuh  
Bosanski  
Canadian Indigenous  
Català  
Cebuano  
Česky  
Chamorro  
Chichewa  
Corsica  
Cymraeg  
Daga  
Dansk  
Deutsch  
Dzongkha  
Eesti  
Español  
Esperanto  
Euskara  
Fiji  
Filipino  
Føroyar  
Français  
Frysk  
Hausa  
Hawaiian  
Hiri Motu  
Hrvatski  
Irish  
Íslenska  
Italiano  
Kabyle  
Kalaallisut  
Kiribati  
Kiswahili  
Kreyol Ayisyen  
Kuanua  
Kube  
Latviešu  
Lëtzebuergesch  
Lietuvių  
Luganda  
Magyar  
Malagasy  
Malti  
Māori  
Marshallese  
Melpa  
Montenegrin  
Nalik  
Namibia  
Nederlands  
Norsk  
Papiamentu  
Polski  
Português (BR)  
România  
Sámi  
Samoan  
Sarawak  
Sesotho  
Shqip  
Slovenščina  
Slovensky  
Sranan Tongo  
Srpski српски  
Suomi  
Svenska  
Tetum  
Tiếng Việt  
Tok Pisin  
Tongan  
Türkçe  
Türkmençe  
Tuvalu  
Vanuatu  
ελληνικά  
Беларускі  
български  
Кыргыз  
Монгол хэл  
Русский  
Тоҷикӣ  
Україна  
հայերեն  
اُردُو  
العربية  
فارسی  
नेपाली  
मराठी  
हिंदी  
বাংলা  
ગુજરાતી  
ଓଡ଼ିଆ  
தமிழ்  
తెలుగు  
ಕನ್ನಡ  
മലയാളം  
ภาษาไทย  
ພາສາລາວ  
한국어  
日本語  
简体中文  
繁體中文  
Windows / Mac