Return to BahaiPrayers.net   Facebook

,Die Bahá'í huwelik is verbintenis en hartlike toegeneentheid tussen die twee persone. Hulle moet egter die uiterste sorg uitoefen en kennis maak met mekaar se karakter. Hierdie ewige band behoort verstewig te word deur 'n ferm verbond, en die voorneme behoort te wees om eendrag, gemeenskapsgevoel en eengesindheid te bevorder, en om, die ewige lewe te verkry.' - 'Abdu'l-Bahá'

Die belofte van die huwelik, die vers wat afsonderlik deur die bruid en bruidegom gesê moet word in die teenwoordigheid van ten minste twee getuies aanvaardbaar vir die Geestelike Raad, is, soos in die Kitáb-i-Aqdas (Die Allerheiligste Boek) bepaal: ,Ons sal almal, voorwaar, by die Wil van God bly.'

Hy is die Vrygewige, die Almildelike!

Lof sy aan God, Aloue, die Immer-Blywende, die Onveranderlike, die Ewige! Hy Wat in Sy eie Wese getuig het dat Hy voorwaar die Een is, die Enkele, die Onbelemmerde, die Verhewe. Ons getuig dat daar voorwaar geen God behalwe Hom is nie, erken Sy eenheid, bely Sy enkelvoudigheid. Hy het nog altyd in ontoeganklike hoogtes gewoon, in die kruine van Sy verhewenheid, geheilig van die melding van alles behalwe Hom, vry van die beskrywing van alles buiten Hom.

En toe Hy begeer het om genade en heilsaamheid aan die mense te openbaar, en om die wêreld reg te stel, het Hy voorskrifte bekend gemaak en wette geskape; daaronder het Hy die wet van die huwelik ingestel, dit soos 'n vesting gemaak vir welsyn en verlossing, en dit ons gelas in dit wat uit die hemel van heiligheid in Sy Allerheiligste Boek op ons laat daal is. Hy sê, groot is Sy heerlikheid: ,Trou, o mense, dat uit julle hy mag voortkom wat My onder My dienaars sal onthou; dit is een van My gebooie aan julle; gehoorsaam dit tot steun vir julleself.'

 


English  
ភាសាខ្មែរ  
አማርኛ.  
Afrikaans  
Alaska Native  
American Indian  
Azərbaycan  
Bahasa Indonesia  
Bahasa Malaysia  
Bidayuh  
Bosanski  
Canadian Indigenous  
Català  
Cebuano  
Česky  
Chamorro  
Chichewa  
Corsica  
Cymraeg  
Daga  
Dansk  
Deutsch  
Dzongkha  
Eesti  
Español  
Esperanto  
Euskara  
Fiji  
Filipino  
Føroyar  
Français  
Frysk  
Hausa  
Hawaiian  
Hiri Motu  
Hrvatski  
Irish  
Íslenska  
Italiano  
Kabyle  
Kalaallisut  
Kiribati  
Kiswahili  
Kreyol Ayisyen  
Kuanua  
Kube  
Latviešu  
Lëtzebuergesch  
Lietuvių  
Luganda  
Magyar  
Malagasy  
Malti  
Māori  
Marshallese  
Melpa  
Montenegrin  
Nalik  
Namibia  
Nederlands  
Norsk  
Papiamentu  
Polski  
Português (BR)  
România  
Sámi  
Samoan  
Sarawak  
Sesotho  
Shqip  
Slovenščina  
Slovensky  
Sranan Tongo  
Srpski српски  
Suomi  
Svenska  
Tetum  
Tiếng Việt  
Tok Pisin  
Tongan  
Türkçe  
Türkmençe  
Tuvalu  
Vanuatu  
ελληνικά  
Беларускі  
български  
Кыргыз  
Монгол хэл  
Русский  
Тоҷикӣ  
Україна  
հայերեն  
اُردُو  
العربية  
فارسی  
नेपाली  
मराठी  
हिंदी  
বাংলা  
ગુજરાતી  
ଓଡ଼ିଆ  
தமிழ்  
తెలుగు  
ಕನ್ನಡ  
മലയാളം  
ภาษาไทย  
ພາສາລາວ  
한국어  
日本語  
简体中文  
繁體中文  
Windows / Mac